Title: CHRISTELIKE LEERSTELLINGS

Author:MALAN JS
Subject:PHILOSOPHY OF CHRISTIANITY
Source:
Download book:
Words Statistics:words statistics
 

Number of words for page:
Uit die duisternis na die lig
Deur Johan Malan
Opsomming:
Die Bybelse verlossingsleer was deur die eeue heen die onderwerp van vele aanvalle, verdraaiings en waninterpretasies. Omdat dit op die nou poort betrekking het waardeur ons tot die koninkryk van God moet toetree, werp Satan alles in die stryd om mense van hierdie belangrike stap te weerhou en aan hulle valse fondamente te bied. Maak seker dat u oor hierdie uiters belangrike leerstelling nie in die duister verkeer nie, want dit sal u baie duur te staan kom in ''n stadium wanneer genadetyd verby sal wees en u nie meer die saak sal kan regstel nie.
STAPPE OP DIE HEILSWEG
Daar is ''n duidelike pad wat die Here met ''n sondaar loop om sy siel te red, hom toe te rus vir diens en ook vir die ewige lewe in die hemel voor te berei. Die bereidwilligheid en volle samewerking van almal van ons, ooreenkomstig vaste Bybelse riglyne, is nodig indien ons die teleurstelling van ''n valse bekering wil voorkom.
Ek nooi jou om saam met my die onnaspeurlike rykdomme van die Here se reddende genade in die Bybel te ontdek, en in die geloof vir jouself toe te eien.
1. Roeping
Die Here gee self die eerste tree op die pad van die sondaar se redding. Hy roep hom tot bekering op en voorsien ook die middele vir sy verlossing.
"God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" (Rom. 5:8).
Sy roepstem gaan na alle mense uit om op grond van Jesus se kruisdood verlossing van sonde te verkry:
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee" (Matt. 11:28).
"Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol" (Jes. 1:18).
Vir hierdie doel het die Seun van God na die aarde gekom, om nuwe lewe aan ''n verlore mensdom te bied deur hulle tot bekering te roep:
"Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering" (Matt. 9:13).
Sonde en verlorenheid
Dit is baie belangrik om die roepstem van die Here duidelik te hoor, want dit sal die aard van jou reaksie bepaal. Jy moet die omvang van jou probleem van verlorenheid deeglik besef, naamlik dat jy sonder Jesus Christus op ''n ramp in jou lewe afstuur. Daar is geen ruimte vir selfregverdiging wat jou donker geestelike toestand betref nie, want "daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie" (Rom. 3:10).
Jy moet kennis oor sonde opdoen, en veral van jou eie sondes wat ''n skeidsmuur tussen jou en die Here is (Jes. 59:2). Daar moet geen twyfel by jou bestaan dat die ewige doodstraf oor sondaars uitgespreek is nie (Rom. 6: 23). Alle ongereddes moet hulle op die voltrekking van dié vonnis voorberei, want as hulle nie tot bekering kom nie, sal hulle voor die groot wit troon die volgende woorde hoor:
"Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele" (Matt. 25:41).
Verlossing deur die soendood van Jesus
In die roeping van die Here word nie slegs jou probleem geïdentifiseer nie, maar ook die oplossing daarvoor. Die feit dat God jou liefhet en deur die kruisdood van die Here Jesus dit vir jou moontlik gemaak het om sondevergifnis en die ewige lewe te verkry, is die goeie nuus wat saam met die roeping verkondig word (Joh. 3:16).
"Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ''n versoening vir ons sondes" (1 Joh. 4:10).
"Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring - Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees" (1 Pet. 3:18).
"Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom" (2 Kor. 5:21).
Die roeping van God moet só tot die sondaar kom dat hy ook die volle implikasies van ''n kosteberekening sal besef. Jesus het vir Nikodémus duidelik laat verstaan dat teologiese kennis en ''n mooi lewe nie genoeg is om die koninkryk van God te beërf nie - hy móét weergebore word. Hiervoor is dit nodig om alle bewuste sondes te bely en te laat staan sodat jy volkome nuut gemaak kan word.
Jesus het vir die ryk jongman gesê dat hy eers met sy sonde van materialisme moes breek (Luk 18:22). Vir hierdie jongman, wat andersins baie godsdienstig was, was dit moeilik om van sy boesemsonde af te sien, en hy het bedroef van die Here af weggegaan. Baie ander mense vind dit ook moeilik om tot bekering te kom, omdat hulle nie werklik met al hulle sondes wil breek nie. Vir almal wat met hierdie probleem worstel, sê die Here Jesus:
"Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie" (Luk. 13:24).
Om deur die nou poort in te gaan en ''n nuwe lewe in Jesus Christus te kry, is ''n onbeskryflike ondervinding en iets wat jy moet aanhou soek totdat jy dit vind (Luk. 11:9). Die gawe van die ewige lewe is ''n geskenk van God wat nie deur die mens verdien of gekoop kan word nie. Die kosteberekening kom egter daarby dat die besoedelde kleed van sonde afgelê moet word voordat jy met die kleed van geregtigheid beklee kan word (Ef. 4:22-24). Is jy bereid om met jou sonde te breek?
Ontwaking om jou verlore toestand te besef
''n Sondaar wat die Here se roeping tot bekering ontvang het, ontwaak geestelik en kom tot die besef van sy verlore toestand. Sy oë gaan vir sy sondes oop, asook vir die oplossing van sy sonde-probleem. Dit gebeur onder die inwerking van die Heilige Gees wat deur die Woord van die Here met hom praat. ''n Ontwaakte sondaar is nog glad nie gered nie, maar hy het uit sy doodslaap wakker geskrik en besef dat hy na die verderf op pad is en dringend iets aan die saak moet doen as hy nie verlore wil gaan nie. Hy kan op die volgende twee maniere op die besef van sy sonde en verlorenheid reageer:
* Hy kan gehoor gee aan die Heilige Gees wat hom van sonde, geregtigheid en oordeel oortuig (Joh. 16:8). Dan moet hy sy sondes bely, die geregtigheid van die Here Jesus in die geloof toeëien en sodoende die oordeel oor sondaars vryspring.
* Hy kan ook die roepstem van die Here tot sy eie ondergang weerstaan. "Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie" (Heb. 3:7). As hy sy hart aanhoudend verhard, dan vervaag die roepstem van die Here in sy lewe en raak dit al hoe moeiliker om daarop te reageer. Moenie toelaat dat jou hart só verhard raak dat jy later geen behae meer in die dinge van die Here het nie (Pred. 12:1).
2. Berou
''n Ontwaakte sondaar wat besef dat hy sy saak met die Here moet regmaak, het onder die oortuiging van die Heilige Gees groot berou oor sy sondige lewe. Hy regverdig nie meer homself nie en is diep onder die indruk van sy sonde en verwerplikheid. Hy voel aangekla en veroordeeld oor alles wat hy gedoen het. Sy skuldgevoelens dryf hom dan na die Here Jesus - dié Een wat so ''n vernederende dood vir die redding van sondaars gesterf het.
Het jy al die intense droefheid en berou ervaar wat na ''n ware bekering lei?
"Want die droefheid volgens die wil van God werk ''n onberoulike bekering tot redding" (2 Kor. 7:10).
Die droefheid wat God behaag is om ''n berouvolle hart te hê [''n innerlike inkering] wat na ''n ware bekering sal lei:
"Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word" (Hand. 3:19).
''n Parafrase van hierdie teks lui só:
"Kom dan tot inkeer [met berou en ''n veranderde gevoel oor julle sondes] en bekeer julle [draai om] sodat julle sondes uitgewis kan word."
Droefheid of berou oor sonde is ''n direkte resultaat van die Heilige Gees se oortuiging van sonde in jou hart. Dit dryf jou na die Here en bewerk ''n bekering na die lewende God. Berou is ''n diep geestelike bewuswording van jou totale onwaardigheid voor die Here. Jy besef dat jy ''n helverdiende sondaar is wat geen aanspraak op begenadiging het nie. In hierdie toestand kan jy jouself maar net op ''n barmhartige God beroep om jou in genade aan te sien.
Toe Petrus die Here Jesus verloën het, het hy buite toe gehardloop en bitterlik ...
Page: 1
 

Help

  • Select one or more words and get availables translations in Logos Dictionary.
  • Set the number of words for each page and refresh the content.
  • Go to the beginning of the document
  • Go to previous page
  • Go to next page
  • Go to the end of document
  • Libri.it

    Libri.it CUZZ Ì CVA?NELLLUPOSENZALIMITI
  • Illustrati

    Sfoglia riviste di Illustrati