Title: PRAKTIESE TEOLOGIE

Author:MALAN JS
Subject:PHILOSOPHY OF CHRISTIANITY
Source:
Download book:
Words Statistics:words statistics
 

Number of words for page:
Bibleguide.com
Back to Afrikaans Books & Articles
Geestelike Oorlogvoering
Deur Prof JS Malan
Opsomming:
Die Christelike lewe speel basies op drie vlakke af, waarvan twee in die geestelike milieu is: dit is eerstens ons positiewe geestelike identifikasie en verhouding met die Here, en tweedens ons worstelstryd teen ''n bose geestelike mag onder aanvoering van Satan. Die derde vlak is dié van die sigbare, materiële wêreld waarin ons leef, en waarin die geestelike invloede wat op ons inwerk, hulle terdeë laat geld. Hoe ons in hierdie wisselwerking tussen die sigbare en onsigbare wêreld oorwinnend kan leef, is die onderwerp van hierdie artikel.
Kennis van die volgende aspekte is van kardinale belang vir die Christen se verwering teen aanslae wat die sielevyand op hom maak:
1. STRYD TEEN DIE BOSE
Die wêreld lê volgens 1 Johannes 5:19 in die mag van die Bose. Jesus het in Joh. 14:30 na die duiwel as die owerste van hierdie wêreld verwys. Paulus sê in 2 Kor. 4:4 dat Satan die god van hierdie wêreld is wat die sinne van mense verblind. Hieruit behoort dit vir elkeen duidelik te wees dat ons nie nou as konings in ''n vrederyk regeer nie, maar soldate van die kruis is wat teen die vyand van God se koninkryk in ''n stryd gewikkel is.
Elke ware Christen wat deur die wedergeboorte van die heerskappy van Satan bevry is, is in ''n geestelike stryd teen die mag van die Bose gewikkel. Nie een Christen is van dié stryd gevrywaar nie. Om hierin te kan oorwin, moet daar doelbewustelik in die krag van die Here teen die Bose weerstand gebied word:
"Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly" (Ef. 6:10-13).
Die wapenrusting van God, wat in ''n volgende boodskap behandel sal word, is standaard toerusting vir alle gelowiges om die goeie stryd van die geloof te kan stry. Paulus verwys nie na spesiale toerusting wat slegs vir diegene bedoel is wat met demoniese besetenheid te doen het nie. Hy het die gewone, alledaagse stryd van die gelowige in gedagte.
Hoewel hierdie stryd op ''n geestelike vlak gevoer word, is dit ''n baie werklike stryd teen ''n groot en gedugte mag van demone onder die aanvoering van Satan. Die omvangrykheid van die geestelike oorlog blyk uit die feit dat dit van vyf fronte af teen gelowiges gevoer word. In elke geval neem die vyand ''n ander gedaante aan en pas ''n verskillende strategie toe om sy verleidings- en ondermyningswerk te doen. In die vyf hoedanighede kom Satan of een van sy trawante as:
* teëstander,
* verleier,
* misleier,
* berower, en
* aanklaer.
Op elk van hierdie vyf terreine moet ons die gedaante en werkswyse van die vyand duidelik kan identifiseer sodat daar doeltreffend teen hom weerstand gebied kan word. Die Bybel sê die volgende hieroor:
1. Teëstander
In die eerste en belangrikste opsig van die stryd word die duiwel as die Christen se teëstander beskryf, wat sy ondergang of benadeling op alle lewensterreine soek:
"Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ''n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof" (1 Pet. 5: 8-9).
Hierdie posisie van konfrontasie is onvermydelik: die duiwel is ons teëstander wat ons op allerlei wyses teëstaan en struikelblokke in ons weg werp. Ons opdrag is om hom in die geloof te weerstaan en dus ook sý teëstander wees. Ons moet nie ons oë vir sulke kontaksituasies sluit deur dit weg te redeneeer nie. Baie mense skryf probleme van dié aard aan omstandigheidsfaktore of ander oorsake toe, en sien nie die vyand van hulle siele se aandeel daarin raak nie. Dan soek hulle ook nie na geestelike oorwinnings oor hulle probleme nie. Hulle hoop maar vir die beste en aanvaar neerlae op ''n fatalistiese wyse. Sulke mense is verloorders in die stryd.
Die intensiteit van Satan se teëstand ken geen perke nie, want as mensemoordenaar streef hy daarna om mense dood te maak. Oorloë, gevegte, noodlottige ongelukke, selfmoord, bakleiery en verskeie ander metodes word deur hom gebruik om aan sy moorddadige motiewe uiting te gee. Hy het nie onbeperkte mag oor mense nie, maar binne sy beperkte beweegruimte werk hy met groot lis om sy doel te bereik. Satan en sy demone het ook ''n groot aantal stadige metodes waardeur hulle mense se lewens verwoes, soos bv. drank, dwelmmiddels en tabak.
Baie vorms van teëstand word in dié oorlog aangewend om Christene moedeloos te maak, van hulle planne in die diens van die Here te laat afsien, die stryd gewonne te gee en in ''n donker put van depressie te laat wegsink. Hieronder is konflik tussen gesinsgenote, vriende, kollegas en andere. Die bitsige en knaende vyandskap van andersdenkendes, bv. diegene wat godsdienstig en ideologies van jou verskil, kan ook tot moedeloosheid lei. Sulke persone lê dan óf die strydbyl neer óf handhaaf ter wille van goeie verhoudinge en verminderde vyandighede ''n lae profiel.
Die duiwel kan ook aanvalle op ''n mens se ekonomiese belange en materiële besittings doen om jou skade te berokken en moedeloos te maak. Al die veelvuldige wyses waarop hy jou aanval, hetsy deur mense of deur omstandighede, moet in die naam van die Here weerstaan en die stryd teen hom voortgesit word. Volg die voorbeeld van die Here Jesus in hierdie opsig, en stry in sy krag teen die magte van die Bose wat ook deur ander mense werk:
"Want julle moet ag gee op Hom wat so ''n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie" (Heb. 12:3-4).
2. Verleier
Satan is aktief besig om mense tot morele sondes te verlei. Die vleeslike hartstogte en begeerlikhede van die ou natuur word vir hierdie doel uitgebuit. Deur sondige suggesties en die aanwakker van die sondige natuur word mense tot sondige dade verlei. Hieronder is die volgende:
Onsedelikheid,
hoerery,
owerspel,
brassery,
dronkenskap,
toorn,
twis,
wraak,
moord,
hoogmoed,
eiewaan,
gierigheid,
afguns,
roof,
diefstal,
omkopery,
leuens,
valse getuienis,
bedrog, en
hebsug.
Die oplossing teen sondes van vleeslike verleiding is waaksaamheid, selfbeheersing en gebed:
"Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak" (Matt. 26: 41).
Ons moet met groot vrymoedigheid in die gebed na die genadetroon nader, want die Here Jesus is die Oorwinnaar wat meer as bereid is om ons te help om in die stryd teen versoekings te kan oorwin. Hy weet wat versoekings is, en deur sy krag en outoriteit kán dit oorwin word:
"Deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word" (Heb. 2:18).
"Want ons het nie ''n Hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word" (Heb. 4:15-16).
Ons word ook telkens vermaan om onsself te verloën en die ou natuur te kruisig, anders is ons ''n oop teiken vir morele sondes (Luk. 9:23; Gal. 6:14). Trouens, as ons nié die ou natuur aflê en oorgee om gekruisig te word nie, sal oorwinning oor versoekings ons sekerlik ontwyk:
"Wat die vorige lewenswandel betref, [moet julle] die oue mens aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding ten gronde gaan, en vernuwe word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid" (Ef. 4:22-24).
Sonder ''n volle oorgawe van hierdie aard sal u nog ''n innerlike stryd teen uself voer en nie die liste van die versoeker suksesvol kan weerstaan nie.
3. Misleier
''n Verdere gedaante waarin die Satan teen gelowiges veg, is dié van misleier. Dit het met godsdienstige misleiding en bedrog te doen. Hy buit mense se onkunde uit en dis allerlei godsdienstige leuens aan hulle op om hulle op ''n dwaalspoor te bring. Geestelike verval is die noodwendige gevolg hiervan:
"Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang" (1 Tim. 4:1).
Verval van hierdie aard is aan die orde van die dag in Christelike kerke (2 Tim. 4:1-4), ...
Page: 1
 

Help

  • Select one or more words and get availables translations in Logos Dictionary.
  • Set the number of words for each page and refresh the content.
  • Go to the beginning of the document
  • Go to previous page
  • Go to next page
  • Go to the end of document
  • Libri.it

    Libri.it EDMONDO VA AL MAREJEAN-BLAISE SI INNAMORAPILOURSINE E IL SUO GIARDINOLUPO
  • Illustrati

    Sfoglia riviste di Illustrati