Title: APOLOGETIEK

Author:MALAN JS
Subject:PHILOSOPHY OF CHRISTIANITY
Source:
Download book:
Words Statistics:words statistics
 

Number of words for page:
Valse Voorstellings van Jesus
Deur Prof JS Malan
Opsomming:
Die aanslag op die Bybel as die geïnspireerde Woord van God het nou na ''n openlike aanval op die Persoon, Messiasskap en Godheid van Jesus Christus uitgeskring. ''n Groot aantal teoloë neem aan hierdie debat deel en dit is duidelik dat die agnostici wat nie "die Jesus van die geloof" aanvaar nie, in baie kringe die oorhand begin kry. Fundamentele stellings oor die Godheid van Jesus, asook oor geloof, word in antwoord hierop aangebied.
Die Persoon van Jesus Christus - sy identiteit en posisie as ''n historiese figuur, sy Godheid en die wyse waarop Hy deur Christene aanbid word - is vir die soveelste keer in die kerkgeskiedenis ''n erg omstrede saak waaroor daar in baie kringe, ook in teologiese fakulteite en seminariums, hewige debat gevoer word. ''n Sterk beweging is rondom die misleidende idee gebou dat die historiese Jesus (die sg. ware Jesus) duidelik onderskei moet word van die mitiese Jesus of die kultiese Jesus wat in die Christelike kerk vereer en aanbid word.
Een van die mees skokkende feite omtrent die huidige veldtog teen die Jesus van die Bybel is dat so baie van die leidende teoloë aan universiteitsfakulteite van teologie dit aktief ondersteun. Hulle bevraagteken openlik die gevestigde dogmatiese beskouinge oor Jesus as Christus (die beloofde Messias) en Seun van God. In die proses van die ''ontdekking'' van die historiese Jesus, stroop hulle die verkondigde Jesus van sy Godheid in ''n poging om die twee voorstellings van Hom te versoen.
''n Evangeliese Christen wat ''n sterk standpunt teen hierdie veldtog inneem, is die Dr. Douglas Groothuis van die VSA. In sy boek Searching for the real Jesus (1996) sê hy die volgende in Hoofstuk 2:
"Akademici is normaalweg nie bekend vir toneelspel nie, maar vir hulle vakkundigheid. Die ivoortoring sien neer op Hollywood se eindelose manewales van selfverheerliking, vertoon en propaganda. Of so het ons altans gedink. ''n Groep Nuwe Testamentiese geleerdes wat hulleself die Jesus Seminaar noem, het die media onlangs met hulle hoogs omstrede idees oor Jesus oorstroom. Die groep is in 1985 tot stand gebring met die uitdruklike doel om die oningeligte Christene in te lig oor wat die wetenskap ons van die Nuwe Testament en van Jesus kan vertel. Een van die Seminaar se lede, John Dominic Crossan, sê dat ''die soeke na die historiese Jesus reik nou verder as wetenskaplike kringe uit om ook predikante, gewone lidmate, die populêre pers en die televisiebedryf in te sluit.'' Hulle verseker ons dat die ware Jesus nie die tradisioneel liefdevolle Jesus is nie, maar ''n radikalis wat die kerk in dié hoedanigheid ernstig moet leer opneem. Die meesterbrein van die Seminaar, Robert Funk, sê: ''Ons wil Jesus bevry. Die enigste Jesus wat mense wil hê, is die mitiese een. Hulle wil nie die ware Jesus hê nie. Hulle wil een hê wat hulle kan aanbid - die kultiese Jesus.'' ''n Ander lid van die Seminaar, Roy Hoover, sê dat dit hulle doel is ''om Jesus te red van die [ongeloofwaardige] storievertellers wat die Evangelies opgestel het''."
Unisa se bydrae
Teoloë van Suid-Afrikaanse universiteite, veral aan die Universiteit van Suid-Afrika, het met mening tot die debat oor Jesus toegetree. Hulle volg hoofsaaklik die benadering van die Jesus Seminaar in die VSA in hulle pogings om ''n beeld van die historiese Jesus te skep. In die proses word die Bybel óf bevraagteken óf verdraai, en sodoende as ''n betroubare bron van inligting verwerp. In die meeste gevalle word ander bronne van inligting oor Jesus geraadpleeg.
Navorsing oor hierdie onderwerp deur Unisa se Instituut vir Teologie en Religie het in September 1997 op ''n konferensie oor Jesus uitgeloop. Die referate wat gelewer is, is kort daarna in ''n boek gepubliseer onder die titel Images of Jesus. Die boek het onder redaksie van prof. C.W. du Toit verskyn, wat die direkteur van die Instituut is. Die volgende is ''n kort oorsig oor sommige van die hoofstukke in die boek:
* Op soek na die historiese Jesus, deur prof. A.G. van Aarde, NT, Univ. van Pretoria (Hervormde Kerk)
Die outeur verwys na die [onwerklike] Jesus tot wie die Christene bid asof hulle tot God bid. Hy sê dat hierdie gebruik deur kerkvaders soos Clement en Ignatius gevestig is, maar dat die Nuwe Testament (NT) meesal reserverings het om Jesus God te noem (bl. 1). Volgens prof. Van Aarde is dit ook problematies om Jesus ''Christus'' te noem. In dié verband verwys hy na Den Heyer se boek, Opnieuw: Wie is Jezuz? (1996:78-80), waarin hy Jesus beskryf as "''n Messias wat nie ''n Messias wou wees nie."
Die professor beweer dat daar ''n verskil is tussen die historiese Jesus (die sogenaamde ''werklike Jesus'') en die Jesus van geloof (die gepredikte Jesus, soos die kerk voorgestel):
"Waarom tref navorsers hierdie verskil? Die antwoord is daarin geleë dat Jesus homself nie as die Christus, die Seun van die mens, die Seun van God, of as God beskou het nie. Die mense van sy tyd het hom ook nie as die Seun van God beskou nie. Die Bybel (NT), die latere kerkvaders, en die opstellers van die vierde eeuse belydenisskrifte het hom in hierdie terme beskryf." (bl. 3).
* Die fiktiewe transfigurasie van Jesus: Beelde van Jesus in die literatuur, deur prof. C.W. du Toit van Unisa
In stryd met tekste soos Filippense 3:10 en 2 Petrus 3:18 verklaar prof. Du Toit soos volg:
"Dit is onmoontlik om werklik die historiese Jesus te ken. Die Jesus van die geskiedenis word dikwels met Christus van die geloof verwar. Die Christus van geloof kan nie ''n bevoorregte posisie bó die historiese Jesus beklee nie." (bl. 65).
''n Sterk saak word dan uitgemaak om die ware Jesus beter d.m.v. literêre voorstellings te leer ken:
Die teologie en die literatuurwetenskap is nou aan mekaar verwant; hulle beïnvloed mekaar wedersyds en oorvleuel ook. Die tradisionele Christelike teologie word egter tot ''n groot mate deur die Bybel, dogma en belydenisskrifte beperk. Die verhaal is egter vry en kan kritiese en uitdagende vrae stel wat van onskatbare waarde vir die teologie is, maar wat ongemaklik vir die God van dogma en belydenisskrifte is. Die verhaal kan ook die verbeelding kreatief gebruik. Die verbeelding is van groot waarde in ''n eeu waarin die mensdom voel dat hy geen objektiewe basis vir die waarheid het nie, en met ''n god wat homself onttrek het (deus absconditus). (bl. 68).
Fiktiewe transfigurasies van Jesus wat in novelles, poësie en drama gevind word, help ons om uit ''n nuwe perspektief na die Evangelies te kyk. Waardevolle vrae word oor die historiese betroubaarheid en genoegsaamheid van teologiese interpretasies van die Evangelies gevra. (bl. 69). Onder ''goeie'' voorbeelde van sulke voorstellings van Jesus word Nikos Kazantzakis se novelle The last temptation genoem. (bl. 71).
''n Ander voorbeeld is The brook Kerith deur George Moore. Hierin word Jesus geïnterpreteer soos beskou uit die oogpunt van ''n marginale Bybelse figuur, Josef van Arimathéa. Jesus word aan die einde van sy lewe as ''n bittere apokaliptikus uitgebeeld wat slegs gedeeltelik by sy sinne is. Hy word onbeheerbaar kwaad en tot die dood veroordeel. Josef kry Jesus se liggaam ná sy kruisiging, vind dat hy nie dood is nie, help hom om by te kom en neem hom na ''n nabygeleë Esseense klooster by die spruit Kerith.
Josef word kort hierna om die lewe gebring en Jesus verlaat die klooster om vier jaar lank ''n skaapwagter te word. Hy dink terug aan die verlede en verwerk die trauma van sy kruisiging. Hy het bittere berou oor sy messiaanse pretensies, sy apokaliptiese, wêreld-hatende pessimisme, en sy taal van verdoeming en haat.
In hierdie voorstelling ontmoet Jesus later vir Paulus maar verberg aanvanklik sy identiteit. Hy hoor vir die eerste keer by Paulus van die Christendom. Nadat Jesus sy volle verhaal aan Paulus vertel het, vlug Paulus verwilderd weg. Jesus volg hom en sê vir hom dat sy evangelie op ''n leuen gebaseer is. Paulus verwerp dié verhaal as ''n leuen en beskou Jesus as van sy sinne beroof. Jesus sê dan aan hom: "Alle dinge is God, Paulus: jy is God en ek is God. As ek sou sê dat jy ''n mens is en ek is God, dan sou ek die kranksinnige persoon wees wat jy dink dat ek is." (bl. 74).
Oor hierdie godslasterlike wanvoorstelling van Jesus deur George Moore sê prof. Du Toit: "Moore se Jesus het waarlik opgestaan - hy het opgestaan om ''n volkome mens te wees met ''n innige meegevoel en liefde vir die wêreld." (bl. 74).
Daar word ook na die ''waarde'' van verskeie ander lasterlike voorstellings van Jesus gekyk, bv. die politieke rol van Comrade Jesus en Breyten Breytenbach se Zen-Boeddhistiese beskouings dat die mens sy eie verlosser is, dat God magteloos is en Jesus ''n mite. Prof. Du Toit sluit sy relaas dan só af:
"Die persoon van Jesus is en sal ''n bron van inspirasie in die wêreld van die letterkunde bly. Hoe hy voorgestel ...
Page: 1
 

Help

  • Select one or more words and get availables translations in Logos Dictionary.
  • Set the number of words for each page and refresh the content.
  • Go to the beginning of the document
  • Go to previous page
  • Go to next page
  • Go to the end of document
  • Libri.it

    Libri.it IL GIARDINO DI ABDUL GASAZICOSA FANNO LE BAMBINE?JEAN-BLAISE SI INNAMORAABBECEDARIO STRAVAGANTE
  • Illustrati

    Sfoglia riviste di Illustrati