Title: ONDERWYS EN GRONDWET

Author:MALAN JS
Subject:PHILOSOPHY OF CHRISTIANITY
Source:
Download book:
Words Statistics:words statistics
 

Number of words for page:
Multigodsdienstige Onderwys vir die Nuwe Wêreldorde
Deur Prof JS Malan
Opsomming:
Voorbereidende stappe vir die implementering van ''n nuwe beginsel van multigodsdienstige onderwys word in hierdie artikel bespreek, asook ''n Unisa handboek wat onder andere vir die intergeloofsopleiding van onderwysers geskryf is.
Ons beleef tans die intensiefste en mees venynige aanslag teen die Christelike beskawing en Christelike onderwys wat ooit in die geskiedenis van Suid-Afrika voorgekom het. Deur die huidige multigodsdienstige en multikulturele hervormings op onderwysgebied gaan die jeug van ons land in die volgende paar jaar in staatskole ten volle aan die misleiding en druk van ''n fyn uitgewerkte antichristelike lewens- en wêreldbeskouing onderwerp word.
Die regering en ''n aantal van die voorste universiteite, saam met die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), ekumeniese organisasies en ander drukgroepe, is tans met radikale onderwyshervormings met die oog op multigodsdienstige en multikulturele onderwys besig. Hulle mik daarop om die nuwe stelsel binne die volgende agt jaar (tot 2005) ten volle ontplooi te hê.
Ten einde die nuwe benadering op ''n vaste grondslag te plaas, word leerplanne vir die opleiding van onderwysers herskryf, en heroriënteringskursusse vir bestaande onderwysers aangebied. ''n Konferensie met die oog hierop is in Julie vanjaar deur die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se Departement van Godsdienswetenskap onder die leiding van prof. Kobus Krüger aangebied. Die LUK vir Onderwys in Gauteng, me. Mary Metcalfe, het onderwysers in haar provinsie aangemoedig om die konferensie by te woon.
Waarom alle gelowe?
Die hoofreferaat op die Unisa konferensie is deur prof. Krüger gelewer, onder die titel: Waarom multigodsdienstige onderwys? Hy het homself baie sterk teen die Christelik-nasionale onderwysstelsel van die verlede uitgespreek, omdat net een godsdiens daardeur bevoordeel is. Hy verwys daarna as ''n monogodsdienstige model wat op dwang en die ontkenning van die plurale aard van die Suid-Afrikaanse samelewing gebaseer was. Hy definieer multigodsdienstige onderwys só:
"Multigodsdienstige onderwys gee toegang tot meer as een godsdiens deur onderrig daaroor aan te bied. Dit geskied binne een raamwerk van verstaan, in een sillabus, een handboek, een klaskamer en deur een onderwyser. Dit is ''n alternatief vir die eksklusief-fundamentalistiese standpunt waardeur ander godsdienste uit die onderwysterrein verban is uit vrees vir kontaminasie, asook vir die sekulêr-verwerpende standpunt wat alle godsdiens (ook die oop, multigodsdienstige model) uit die leerproses wil verban. Die nuwe benadering is nie daarop gerig om geloof te skep nie, maar ook nie om dit te vernietig nie. Dit is op kennis en begrip ingestel sodat die kind ''n volwaardige volwassene kan word. Die meeste van Suid-Afrika se volwassenes het óók behoefte aan multigodsdienstige onderrig."
Prof Krüger het die mening uitgespreek dat multigodsdienstige onderwys as ''n algemeen vormende komponent van onderwys op alle vlakke, van die eerste graad tot by die hoër grade, ingesluit moet word. Hy voorsien ''n groot behoefte hieraan vir alle skole, veral in die multikulturele gemeenskappe van ons land.
Sinkretisme
Die groot probleem met ''n benadering van hierdie aard is die sinkretistiese beïnvloeding van een godsdiens deur ''n ander. ''n Bepaalde godsdiens verloor sy unieke karakter en duidelike dogmatiese begronding, omdat raakpunte in multigodsdienstige onderrig met ander gelowe gesoek word. Die positivistiese manier waarop die nie-Christelike gelowe in handboeke beskryf word, is daarop ingestel dat die kind moet ontdek dat daar iets goeds in alle godsdienste is.
Die noodwendige gevolg hiervan is dat die grense tussen die wêreldgodsdienste begin vervaag, en dat die een godsdiens homself deur die kennis wat hy van ''n ander een opdoen, verryk. Sodoende word brûe tussen hulle gebou. Dit is presies wat prof. Krüger en sy medewerkers probeer bereik. Hulle verskaf ook die soort inligting wat hierdie benadering in die hand werk.
In sy referaat vernou prof. Krüger die afstand tussen verskillende godsdienste wat volgens hom tot een familie behoort, deurdat hulle mekaar na bewering van die vroegste tye af aansienlik oor en weer beïnvloed het. Hy sê dat die Christendom, Judaïsme, Islam, die Bahai geloof en Zoroastrisme tot een familie behoort met sterk onderlinge bande. Hulle is almal "lote wat uit dieselfde godsdienstige bos gegroei het." Hy verwys ook in ''n positiewe sin na die vermenging tussen die Afrika gelowe en die Christendom in sommige van die onafhanklike swart kerke in Suid-Afrika.
Die stelling word deur prof. Krüger gemaak dat godsdiens ''n algemeen menslike attribuut is. Daar is dus ''n godsdienstige grondmotief by alle mense aanwesig, ''n soort gesamentlike religieuse dryfveer wat ons met mekaar deel. Alle godsdienste lewer volgens hom bewyse van ''n generiese, pan-humanistiese oorsprong. Dit verklaar waarom daar so baie ooreenkomste tusen hulle is, en hierby voeg hy:
"Dit is waarom Hindoes en Afrika tradisionaliste, Jode en Taoïste, Boeddhiste en Christene mekaar so besonder goed kan verstaan wanneer hulle die geleentheid daartoe gebied word. Dit is ook waarom die bestudering van ander godsdienste so ''n verrykende ondervinding in ''n mens se eie godsdienstige wêreld is."
Hy kom in sy referaat tot die volgende konklusie:
"Indien multigodsdienstige onderrig reg aangebied word, behels dit meer as om net die feite oor ''n aantal ander gelowe te leer ken. Kom ons skakel dit by ons ''holistiese'' siening in as iets wat die hele mens as ''n fisiese, psigiese en sosiale wese raak, en by dit wat van die vroegste tye af tot vandag toe deel van die veelvuldige sosio-kulturele manifestasies van die ganse mensdom is."
''n Totaal nuwe, universalistiese (holistiese of pan-humanistiese) lewens- en wêreldbeskouing word deur hierdie benadering bevorder. Die einddoel daarmee is ''n vorm van religieuse globalisme (''n mistiese, internasionale broederskap tussen alle gelowe) waardeur wêreldburgers vir die komende nuwe wêreldorde in die klaskamers van alle skole gekweek gaan word. Dit word met die oog op die vreedsame voortbestaan van ''n verenigde mensdom gedoen, daarom sal humanistiese wêreldleiers hulle volle steun hieraan gee. Godsdienstige eksklusiwiteit sal ontmoedig, gediskrediteer en uiteindelik verbied word.
Die Verenigde Nasies het vroeg in die jare 70 reeds sy goedkeuring én aktiewe steun aan dié nuwe benadering gegee, waardeur politieke en godsdienstige ideologieë met die oog op wêreldeenheid en wêreldvrede moet hande vat. Die Wêreldkonferensie vir Godsdiens en Vrede (WKGV) is deur die VN as ''n Kategorie 2 nie-regeringsinstelling in die lewe geroep om deur multigodsdienstige samewerking vrede en eenheid op aarde te help skep. Die Suid-Afrikaanse tak van die WKGV is besonder aktief, en beide prof. Krüger en dr. Gerrie Lubbe van Unisa se Dept. Godsdienswetenskap speel ''n groot rol daarin. Hulle het dus ''n betekenisvolle aandeel in die aanloop tot die multigodsdienstige grondwet en onderwysstelsel van die nuwe Suid-Afrika. Dit is vanselfsprekend dat hulle hierop sal voortbou om hulle leiersposisie in die nuwe benadering te handhaaf.
''n Nuwe handboek
In Augustus 1996 is ''n nuwe handboek vir die multigodsdienstige onderrig van studente en onderwysers deur Unisa se Departement Godsdienswetenskap gepubliseer. Die titel daarvan is The human search for meaning - a multireligious introduction to the religions of humankind, en die outeurs is J.S. Krüger, G.J.A. Lubbe en H.C. Steyn. Die uniekheid van die verskillende godsdienste word in die boek erken, maar sterk klem word ook op hulle onderlinge ooreenkomste gelê.
''n Paar sake word sommer heel gou duidelik wanneer die boek gelees word (aanhalings is in Afrikaans oorgesit):
Christelike jaartellings word nie gebruik nie. In plaas van BC (Before Christ) word BCE (Before the Common Era) gebruik, en in die plek van AD (Anno Domini - die jaar van onse Here) word slegs na CE (Common Era) verwys. Hierdeur word ook die geskiedenis van sy Christelike konnotasies en verwysingsraamwerk ''bevry''.
Daar word nie na die skepping van die mens verwys nie, maar na sy menswording (hominisation) in ''n evolusionistiese konteks: "Ons kan aanvaar dat [godsdiens] tussen 2 miljoen en 200 000 jaar gelede met die proses van menswording begin het... Afrika is heelwaarskynlik die kontinent waar die mens, en dus ook godsdiens, sy ontstaan het" (bl. 15). Die Bybelse verwysing na die Midde-Ooste as die terrein van die mens se oorsprong, word geïgnoreer.
Al die nie-Christelike godsdienste word positivisties en in gloeiende terme beskryf. Hulle voortreflikhede word telkens genoem. Teenstrydighede en historiese vaagheid word oor die hoof gesien, en sg. wanopvattings namens hulle reggestel. Die Bybelse weergawe van die Christendom word egter op meer as een plek onder ''n wolk van verdenking geplaas - tot só ''n mate dat daar oor verskeie sake, insluitende die Nuwe Testamentiese weergawe van Christus en sy leerstellings, nie ''n finale standpunt ingeneem word nie. Daar word op nuwe bevindings gewag.
Die Afrika gelowe
Die twee uitstaande dwalinge van die Afrika-gelowe, nl. ''n vae beeld van ''n skeppergod wat selde of ooit aanbid word, en die aktiewe aanbidding van die voorvadergeeste, word beide in hierdie boek ontken. Sodoende word duidelik gepoog om ''n positiewe (maar valse) beeld van die inheemse gelowe van swart Afrika te skep. Oor God in die Afrika-godsdienste word gesê:
"Die vroeë sendelinge het die Opperwese as ''n God geïnterpreteer wat homself van sy skepping onttrek het... Hierdie idee van ''n deus otiosus was nie net onakkuraat nie, maar ''n totale wanvoorstelling van die Afrika-beskouing van die ...
Page: 1
 

Help

  • Select one or more words and get availables translations in Logos Dictionary.
  • Set the number of words for each page and refresh the content.
  • Go to the beginning of the document
  • Go to previous page
  • Go to next page
  • Go to the end of document
  • Libri.it

    Libri.it EDMONDO E LA CACCA MISTERIOSAABBECEDARIO STRAVAGANTELA FAMIGLIA VOLPITASSI RACCONTA – GLI ALBERILA FAMIGLIA VOLPITASSI 2 – CHE CONFUSIONE!
  • Illustrati

    Sfoglia riviste di Illustrati