Uit die duisternis na die lig
Deur Johan Malan
Opsomming:
Die Bybelse verlossingsleer was deur die eeue heen die onderwerp van vele aanvalle, verdraaiings en waninterpretasies. Omdat dit op die nou poort betrekking het waardeur ons tot die koninkryk van God moet toetree, werp Satan alles in die stryd om mense van hierdie belangrike stap te weerhou en aan hulle valse fondamente te bied. Maak seker dat u oor hierdie uiters belangrike leerstelling nie in die duister verkeer nie, want dit sal u baie duur te staan kom in ''n stadium wanneer genadetyd verby sal wees en u nie meer die saak sal kan regstel nie.
STAPPE OP DIE HEILSWEG
Daar is ''n duidelike pad wat die Here met ''n sondaar loop om sy siel te red, hom toe te rus vir diens en ook vir die ewige lewe in die hemel voor te berei. Die bereidwilligheid en volle samewerking van almal van ons, ooreenkomstig vaste Bybelse riglyne, is nodig indien ons die teleurstelling van ''n valse bekering wil voorkom.
Ek nooi jou om saam met my die onnaspeurlike rykdomme van die Here se reddende genade in die Bybel te ontdek, en in die geloof vir jouself toe te eien.
1. Roeping
Die Here gee self die eerste tree op die pad van die sondaar se redding. Hy roep hom tot bekering op en voorsien ook die middele vir sy verlossing.
"God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" (Rom. 5:8).
Sy roepstem gaan na alle mense uit om op grond van Jesus se kruisdood verlossing van sonde te verkry:
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee" (Matt. 11:28).
"Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die ...
|
|
|
|
|
|
|
|
|